ek woon in 'n boom
ek woon in 'n boom
met net voêlent op die takke
en baie holtes
vir die kinkels in my lyf
dit raak al weer menstyd
julle probeer my uitlok
met desibelgroenblare
en kapitytblomme
julle stuur die toccatas
om met lang vingers
te kom krap
tussen die goeters in my lyf
om te vra
wat is jóú naam
wat is jóú naam
maar julle weet nie -
hierdie boom is in die paradys
en my eekhorings
het lankal lente gebring
Zahn de Bruyn
No comments:
Post a Comment